Twee laerskoolleerlinge verdrink

Water_surface_lake1-300x225Twee seuns het Vrydag in die Oos-Kaap verdrink, het die polisie Saterdag gesê.

Kapt. Jackson Manatha, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê ʼn groep kinders het Vrydag in ʼn rivier naby Butterworth gaan swem toe hulle die liggaam van een van die seuns sien dryf het.

“Die kinders het hulp ontbied. Die polisie se duik-eenheid is ook ontbied, wat die tweede seun se liggaam onder die water opgespoor het,” het Manatha gesê.

Die kinders is geïdentifiseer as Axolile Fuba (10) en Sandisile Peter (11).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.