Die liggame van twee mans is Vrydag in die bosse langs die R59-brug naby die Vaalrivier opgespoor.
“’n Visserman het op die liggame van die twee swart mans, wat vermoedelik in hul 20s is, afgekom,” het sers. Xolile Majola, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. “Die liggame is erg aangerand het hul kopwonde lyk soos skietwonde.”
“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledenes moontlik saam met meisies was wat dalk slagoffers van verkragting was. Die polisie doen ‘n beroep op die publiek dat enigiemand wat kennis dra van die grusame misdaad om met ons in verbinding te tree,” het Majola bygevoeg.
Volgens Majola is niemand nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.
Een man het ‘n swart broek met ‘n pers hemp aangehad, en die ander man het ‘n wit hemp en grys broek aangehad.