Twee LUR’e val flou

Argieffoto

Twee LUR’e van Noordwes het tydens ‘n provinsiale uitvoerende raadsvergadering in Mahikeng minute na mekaar flou geval.

“Motlalepule Rosho, LUR vir ekonomiese ontwikkeling, en Tebogo Modise, LUR vir sport, is altwee in ‘n stabiele toestand in die hospitaal,” het Lesiba Moses Kgwele, provinsiale woordvoerder, gesê.

Premier Thandi Modise het die voorval Woensdag aan moegheid toegeskryf. “Rosho en Modise se skedules was die afgelope paar maande baie besig. Dit is moontlik dat stres en moegheid daartoe gelei het dat hulle flou geval het,” het sy in ‘n verklaring gesê. Sy doen ‘n beroep op mense in die provinsie om vir hul spoedige herstel te bid.

Die vergadering is vir ongeveer 45 minute lank verdaag en dokters in die vergadering, Magome Masike, LUR vir gesondheid, en Mokgethi Radebe, waarnemende direkteur-generaal, het na hulle omgesien voordat hulle na die staatshospitaal in Mahikeng geneem is.

Rosho het van rugpyn gekla en inmekaargesak toe sy die vergadering verlaat het om ‘n privaat dokter te gaan sien. Modise, wat haar begelei het, het minute later ook inmekaargesak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Trippie ·

Dit is moontlik dat stres en moegheid daartoe gelei het dat hulle flou geval het,” het sy in ‘n verklaring gesê. Sy doen ‘n beroep op mense in die provinsie om vir hul spoedige herstel te bid.

***

MAG EK LAG ?

Peter Vonk ·

Trippie,jy mag maar lag hoor,ek dink daar gaan nog n hele paar floutes wees.

Trippie ·

Vanoggend se “5 calls says it all” op Jacaranda was “is dit moontlik om jouself dood te werk”.

Nou-ja, sommige mense het gese “JA” … voorwaarts, laat hulle “werk”.

MITZ MALAN ·

Geen wonder die donners val flou nie. Hulle het seker langs mekaar gesit en die een het die ander een se suurstof gesteel! Stres en moegheid? Ek weet presies waaraan dit toegeskryf kan word: APARTHEID in al sy glorie! En die enigste boereraat daarvoor is ‘n krieketkolf teen die linkerslaap!

JJEls ·

Miskien is die floutes veroorsaak weens vertraagde skok as n mens in agneem hoe roekeloos hierdie LUR se blouligbendebestuurdes van punt A na B moet jaag!

Stoere Boer ·

Hulle gaan nog hartaanvalle ook kry as hulle in die staatshospitaal op Mafikeng opgeneem word want dit is een van die vuilste hospitale.

Johan Viljoen ·

Die twee se gewone slaaptyd was verby en toe vat hulle dit maar uit desperaatheid. In die parlement is daar baie wat flou is, kyk maar na fotos en videos van hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.