Twee lyke in Rustenburg gevind

Die liggame van twee mans is die afgelope paar dae in Rustenburg gevind. Die polisie vermoed dat dit dieselfde persoon is wat beide mans vermoor het.

Die liggame van twee mans is in die laaste paar dae by Freedom Park in Rustenburg gekry.

OFM Nuus het berig dat die een liggaam die van ʼn 27-jarige man is. Volgens Thulani Ngubane, woordvoerder vir die Noordwes-polisie, het die man ʼn koeëlwond in sy kop gehad. Ngubane het verder gesê dat die man nie op dié toneel vermoor is nie, maar daarheen gebring is nadat die misdaad elders gepleeg is.

Daar is ook vroeër die week ʼn liggaam van ʼn 26-jarige man met twee steekwonde agter in sy nek gevind. Albei lyke het langs ʼn klip gelê wat volgens die polisie daar geplaas is om die ware oorsaak van hulle dood te verbloem.

Volgens Ngubane is dieselfde modus operandi in die moorde gebruik en die polisie is besig met ʼn soektog na dié moordenaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.