Twee lyke op strand gekry

Die liggame van ʼn man en vrou is Woensdagmiddag op ʼn strand in Hartenbos in die Wes-Kaap gekry.

Volgens kaptein Bernadine Steyn het ʼn verbyganger op die liggame van Magriet Seekoei (21) en Fritz Claassen (65) omstreeks 13:00 sowat 40km van George afgekom.  Albei is in die bors geskiet. ʼn 9mm-pistool is op die toneel gevind. ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.