Twee mank Bokke keer terug na SA

Die vaste voorspeler Flip van der Merwe en heelagter Gio Aplon, keer môre terug huis toe van die Springbokke se Drienasie toernooi.

Van der Merwe het Saterdag ‘n rib-besering opgedoen in die toets teen Australië. Hy sal nie betyds herstel vir die naweek se toets teen Nieu-Seeland nie. Aplon het ‘n rug- en skouerbesering opgedoen en kon vir twee dae nie oefen nie. Gerhard Mostert het intussen reeds by die span aangesluit en hy vervang Johann Muller wat ʼn dyspierbesering opgedoen het. Heinrich Brussow, wat ook ʼn dyspierbesering opgedoen het, sal ook nie Saterdag vir die Springbokke uitdraf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.