Twee mans en baba sterf in gru-ongeluk op berugte Moloto-pad

Drie mense, insluitend ʼn baba, is dood en nog twee mense ernstig beseer na ʼn botsing reg van voor op die berugte Moloto-pad, noordoos van Pretoria.

ʼn Woordvoerder van ER24, Andre Visser, sê ʼn Fiat en ʼn bakkie het Sondagoggend omstreeks 6:40 reg van voor teen mekaar gebots. Twee mans en ʼn sewe oue maande baba wat in die Fiat gery het, is op die toneel dood. Visser sê ʼn vrou is uit die motor geslinger en is in ʼn ernstige toestand per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer. Die bestuurder van die bakkie was in die wrak vasgekeer en moes uitgesny word voor hy ook in ʼn ernstige toestand na die hospitaal vervoer is.

In September is ʼn gesin van vier, insluitend twee peuters, in ʼn ongeluk op die Moloto-pad dood nadat hulle reg van voor teen ʼn bus gebots het. Mark Franklin (39), sy vrou Eunice (29) en hulle twee kinders Miné (1) en Bradley (3) is dood toe mev. Franklin na bewering beheer oor die motor verloor het. ʼn Motorfietsryer is ook in September op dié pad dood toe hy na bewering beheer oor sy motorfiets verloor het en reg van voor teen ʼn motor gebots het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.