Twee mans ernstig beseer in beweerde padwoede-aanval

Twee mans is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hulle Vrydagoggend tydens ʼn beweerde padwoede-aanval in Vereeniging erg aangerand is.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê ʼn geveg het glo uitgebreek tussen die insittendes van twee voertuie op die hoek van Botha en Smutsrylaan. Sy sê vyf mans is beseer, waarvan twee ernstig. Jackson sê daar word vermoed dat die een voertuig dalk voor die ander voertuig ingery het waarna die insittendes begin baklei het. Die drywer en enigste insittende van een van die motors het glo een van die ander vier mans erg beseer. Die ander mans het toe glo die drywer van die ander voertuig erg aangerand. ʼn Verbygaande motoris het glo een van die erg beseerde mans in sy voertuig ingetrek en die deur gesluit tot die paramedici opgedaag het. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.