Twee mans in Kaapse rooftog geskiet

Twee mans is ernstig beseer nadat daar in Manenberg, Kaapstad, in hulle motor op hulle geskiet is, het die Wes-Kaapse polisie Dinsdag gesê.

Kaptein Frederick van Wyk sê getuies het gesien hoe twee motors Maandagaand omstreeks 22:00 langs mekaar in Durrweg ry. Die voertuie het glo gestop en geweerskote is gehoor voordat een motor weggejaag het. Die bestuurder van die stilstaande motor het in trurat probeer ry, maar het teen ʼn boom tot stilstand gekom. Die bestuurder en sy passasier is beide in die kop geskiet en is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem. Van Wyk sê R100 000 word glo uit hul motor vermis. “Die slagoffers is sakemanne. Hulle het geld van hul kliënte ingevorder en was op pad huis toe, toe die roof plaasgevind het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.