Twee mans tydens Paasnaweek in Rustenburg vermoor

Twee mans is tydens Paasnaweek in die omgewing van Rustenburg vermoor, het die polisie in Noordwes gesê.

Kaptein Adele Myburgh het gesê die 26-jarige Jomo Mokgatle van Mareetsane-dorpie in Biesiesvlei is Saterdagaand omstreeks 01:00 doodgesteek ná ʼn geveg oor ʼn bottel bier by ʼn plaaslike kroeg uitgebreek het. Die man is na die hospitaal gehaas maar is kort daarna oorlede. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek tans ʼn saak van moord sowel as brandstigting, aangesien die slagoffer se huis kort ná die aanval aan die brand gesteek is.

In ʼn ander voorval is ʼn man by ʼn myn in Kopanong naby Rustenburg doodgeskiet en twee ander beseer. Myburgh sê die sekuriteitswagte het omstreeks 23:00 Vrydagaand ondersoek ingestel na ʼn klag van koperkabeldiefstal aangemeld is. Drie mans het na bewering op hulle begin skiet. “Die sekuriteitswagte het teruggeskiet, een gedood en twee ander gewond.” ʼn Saak van moord, poging tot moord en koperkabeldiefstal word deur die polisie ondersoek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.