Twee mans val binne-in tenkwa, een sterf

ʼn Man is Saterdagmiddag in Alberton, oos van Johannesburg, dood nadat hy en ʼn medewerker binne-in ʼn tenkwa in geval het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die mans was besig om die tenkwa skoon te maak toe hulle daarin geval het.

“Paramedici moes spesiale toerusting gebruik om die twee mans uit die tenkwa te kry. Ongelukkig het een man tydens die voorval gesterf,” het Steinmann gesê.

Die ander man het kritieke beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.