Twee mans vas na hulle vrou glo beroof, aanrand

crime-scene-tape-320x1912Twee mans is Maandag in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vrou aangerand en beroof het in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die 33-jarige vrou was op pad om ʼn kantoorblok in Kerkstraat binne te gaan toe twee 19-jarige mans haar voorgekeer het. “Die mans het haar glo gegryp en teen ʼn muur vasgedruk en haar handsak geëis.” Naicker sê die vrou het geweier om haar handsak vir hulle te gee waarna die mans haar glo met ʼn mes in haar hand gesteek het en gedreig het om haar in haar maag ook te steek. Die vrou het om hulp geskree waarna die mans haar selfoon gegryp en gevlug het. Die twee mans is later in die middestad in hegtenis geneem met behulp van kringtelevisiekamera en die polisie se blitspatrollie. ʼn Beursie, verskeie bankkaarte en ʼn mes is in die mans se besit gevind. Die vrou se selfoon is ook teruggevind. Die verdagtes sal binnekort in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.