Twee mans, vrou vas oor dwelms

Argieffoto

Twee mans en ʼn vrou is tussen Keiskammahoek en Port Elizabeth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat daar dwelms in hul besit gevind is.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, sê die drie is in hegtenis geneem nadat hul motor van die pad getrek is by ‘n voertuig-kontrolepunt. Govender sê die polisie het ʼn sak met 5 000 Mandrax-tablette en R15 000 in die kattebak gevind. Hy sê die straatwaarde van die dwelms is sowat R300 000. Govender sê die drie verdagtes, onderskeidelik 43, 28 en 25 jaar oud, sal Maandag in die Grahamstown-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.