Twee mense in Mpumalanga vermoor

Die polisie in Mpumalanga sê twee mense is in afsonderlike voorvalle in die provinsie vermoor.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 46-jarige veiligheidswag is Dinsdagaand by ʼn skool buite Hazyview vermoor. Hlathi sê verdagtes het by die skool se stoorkamer ingebreek en kruideniersware gesteel nadat hulle die veiligheidswag vermoor het. In ʼn afsonderlike voorval is ʼn 43-jarige vrou vermoor en aan ʼn boom opgehang op die plaas Oorkot naby Witrivier. Hlathi sê die vrou is glo erg aangerand voor sy aan die boom opgehang is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.