Twee met miljoene se vervalste lugtydkoepons gevang

Argieffoto.

Twee mense is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle glo vervalste selfoonlugtyd-koepons verkoop het.

Kaptein Pinky Tsinyane, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die persone is in ʼn winkel in die weste van Pretoria in hegtenis geneem.

“Die polisie het op ʼn wenk van die publiek reageer en op die winkel toegeslaan waar hulle meer as R1 miljoen se vervalste koepons gekry het,” het Tsinyane gesê.

Die polisie het beslag gelê op ʼn rekenaar en drukker wat glo gebruik was om die koepons te druk.

“Die polisie versoek die publiek om alle koepons aan te meld wat ‘verkeerde’ sleutelnommers bevat,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.