‘n Ambulans en ‘n verkeerspatrolliemotor van Mpumalanga is Saterdag van ‘n brug in Tonga, naby Malelane van ‘n brug afgespoel.
Die gebied het die afgelope week erge oorstromings beleef, berig EWN. Beamptes kon twee insittendes uit die ambulans red, maar dit is nog nie duidelik hoeveel mense in die patrollievoertuig was nie. Moeti Mmusi, woordvoerder van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling in Mpumalanga, het gesê daar was ‘n helikopter op die toneel om na die voertuig te soek sy moontlik sy insittendes te red.