Twee Mpumalanga vroue word vermis

Stephanie Willemse

Stephanie Willemse (39) van Nelspruit word sedert 30 Julie vermis.

Willemse het die middag om 15:00 by haar kantoor in Rocky’s Drift, Nelspruit verlaat. Sy het ‘n wit Toyota Prado (registrasienommer FPB712MP) bestuur en is nie weer gesien nie.

Volgens Missing Children SA het sy lang blonde/bruin hare, groen-bruin oë en is sowat 1.7 m lank. Sy het ‘n blou denim, wit bloes en blou denim onderbaadjie aangehad op die dag wat sy vermis geraak het. Enigiemand met inligting oor Willemse word versoek om met die polisie in Nelspruit in verbinding te tree.

Marika van Niekerk

Marika van Niekerk (20) van Mpumalanga word sedert 9 April vermis. Van Niekerk het van Middelburg in Mpumalanga na Bloemfontein met ‘n Greyhound-bus gereis. Dit is nie bekend of sy wel by haar bestemming opgedaag het nie. Volgens Missing Children SA het sy swart hare, blou oë,is 1.7 m lank en weeg ongeveer 60kg. Sy het ook ‘n skoenlapper-tattoo op haar skouer. Sy het ‘n blou denim en ‘n groen bloes aangehad toe sy vermis geraak het. Enigiemand met inligting word versoek om met die polisie in Middelburg in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.