Twee nuwe skerpioenspesies in Viëtnam ontdek

Die Thien Duong-spesie wat onlangs in Viëtnam ontdek is.

Wetenskaplikes het in sentraal Viëtnam twee skerpioenspesies wat vroeër nie bekend was nie, ontdek, het owerhede Dinsdag gesê.

Die skerpioene is vir die eerste keer in Phong Nha-Ke Bang Nasionale Park in sentraal Viëtnam identifiseer, het die Instituut vir Ekologie en Biologiese Hulpbronne gesê. Die spesies, wat nie oë het nie, behoort tot die pseudochactidae-familie, is berig. Slegs twee ander spesies van dié familie is aan wetenskaplikes bekend, een in Laos en ʼn ander in Oezbekistan en Tadjikistan. Dié ontdekking is ʼn bydrae tot die biodiversiteit in Viëtnam, maar toenemende menslike inmenging bedreig die habitat. Die vonds is te danke aan die hulp van ʼn projek wat deur Duitsland finansier word om die biodiversiteit in die park aan te moedig deur die natuurlike hulpbronne te bewaar en versigtig te bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.