Twee opgemerk ná treindrywer se moord

Getuies sê hulle het gesien hoe twee mans ‘n treinspoor oorsteek net nadat treindrywer JP du Plessis Dinsdag met ‘n skerp voorwerp in Pretoria doodgesteek is.

“Twee selfone is van die toneel gesteel, moontlik deur die twee mans wat opgemerk is nadat die trein tot stilstand gekom het,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. Du Plessis se liggaam is Dinsdag in ‘n stilstaande trein buite Hercules-stasie in Pretoria opgespoor. Dlamini het Donderdag gesê dit wil voorkom of Du Plessis ook met ‘n stomp voorwerp geslaan is.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die polisie volg verskeie leidrade,” het Dlamini bygevoeg.

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het vroeër ‘n verklaring uitgereik dat Metrorail-treindienste op Nuwejaarsdag in Gauteng opgeskort gaan word ter nagedagtenis aan Du Plessis. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.