Twee plaasaanvalle in Noordwes

crime-scene-tape-320x191ʼn Boer is Dinsdag op sy plaas naby Wolmaransstad in Noordwes aangeval en met kookwater op sy boude gebrand.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê vier mans het die 50-jarige boer Dinsdagoggend op sy plaas Doringhoek aangeval. Hy sê die mans het die boer se hond vergiftig en hom met boeie vasgemaak voor hulle hom met kookwater op sy boude gebrand het. Ngubane sê die verdagtes het met 20 diamante ter waarde van R600 000, twee rewolwers en ʼn Toyota-bakkie gevlug. Die bakkie is later verlate naby Rooibult gevind.

In nog ʼn aanval in die Wolmaransstad-omgewing is ʼn bejaarde boervrou in haar 80’s vroeg Dinsdagoggend deur drie mans op haar plaas Klipdrift aangeval. Die boervrou en vier werkers is omstreeks 7:00 Dinsdagoggend aangeval. Ngubane sê die verdagtes het die boervrou onder meer in die gesig geskop en geslaan en haar gedwing om saam met hulle in haar bakkie te ry. Hulle het haar sowat 200m van haar huis weer vrygelaat. Die bakkie is later verlate in Ottosdal gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanvalle nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Justi ·

More leon. Ja hulle is lafaards, moet twee of meer gaan. Die arme dame wat so geskop en geslaan is……..het hulle seker baie sterk laat voel. Tog kan ons se: Dankie tog hulle is nie vermoor nie. In my oe is hulle suurstof diewe, die kriminele gemors.

Peter Se ·

Hoeveel nog ??? maar volgens sekere mense is alles heel “ok” in ons land…Kyk ek dalk iets mis ?

Trippie ·

Leon – ek het ‘n netjiese repliek hier gelewer, beginnende om jou en Justi te groet. GEEN kru taal is gebruik in die res van my skrywe nie. Het bloot ‘n ander woord gebruik as jou “w”-woord ! En dan natuurlik gemeld dat die veroorsaakte rede vir hierdie aanvalle / moorde die gevolge is van ‘n landshoof en voormalige jeugleier wat nou sy eie party gestig het.

Ek verneem graag van die moderator waarom my repliek verwyder is.

Seg ·

Hierdie en ander geweldadige gebeure sal toeneem noudat die EFF registreer is. Hulle is inderwaarheid ‘n wettige militante beweging.

Justi ·

More Trippie. Hoop jy’t n wonderlike dag. Ja van my kommentaar was ook al verwyder net omdat ek gese het die moordenaar is n Puttykop.

Seg ·

Mense het nie meer woorde om te seg nie. Alles wat daar moontlik kon gesê word was al geseg. Dit wat nog nie geseg is nie kan ek nie seg nie aangesien ek nie ook tronk toe wil gaan nie.

Laetitia ·

Moenie worrie AL ons kommentare word afgehaal!!!!!Jy Moët mis nie die Tannie wees wat BARBARE haat nie!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.