Twee plaaswerkers sterf in ongeluk

Twee plaaswerkers is Dinsdag dood nadat die swaarvoertuig waarin hulle gery het teen ʼn brug gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die voorval het naby Wartburg, KwaZulu-Natal, plaasgevind. Volgens ooggetuies het die bestuurder van ʼn vyf ton-swaarvoertuig beheer oor die voertuig verloor en teen ʼn brug gebots. Die twee werkers is opslag dood. “Vier mense wat op die swaarvoertuig vervoer is, is ernstig beseer en twee het geringe beserings opgedoen,” het Botha gesê.

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.