Twee polisie-hoës geskors oor korrupsie

Twee senior polisiebeamptes is Sondag met onmiddellike effek geskors vir hulle beweerde betrokkenheid in korrupte aktiwiteite.

Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, sê brig. Mathapelo Merriam Mangwane, hoof van die sentrale vuurwapenregister, en brig. Hlamane Elias Mahlabane, hoof van die afdeling vir vuurwapenlisensies, is Sondag sonder betaling geskors. The Star het Dinsdag berig dat Mangwane daarvan beskuldig word dat hy omkoopgeld van ʼn werknemer by ʼn vuurwapenwinkel in Johannesburg ontvang het vir die verkryging van vuurwapenlisensies. ʼn Derde beampte, ʼn administratiewe klerk, het intussen ʼn brief ontvangmet ʼn kennisgewing van die voorneme om haar te skors. “Sy is tot Woensdag gegee om ʼn voorlegging te doen oor hoekom sy nie geskors moet word nie.” Makgale sê dit is teleurstellend dat diegene wat geskors is die verantwoordelikheid gehad het om die vuurwapenregister uit te sorteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Berita Drescher ·

Dit is al alledaags….vertel vir ons iets nuuts! Dis nou die nuwe Suid Afrika met al die korrupsie juis in daardie departemente waar hulle ons as SA burgers moet beskerm. Hul is vrot tot die bodem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.