Twee polisiebeamptes deur vermeende kapers gedood

Twee polisiebeamptes is dood nadat hulle deur vermeende kapers geskiet is. Die voorval het gisteraand omstreeks 20:00 plaasgevind toe die twee beamptes van die blitspatrollie ʼn verdagte motor langs die pad stilgehou het naby Zonkizizwe buite Katlehong.

Twee mans het uit die motor geklim en op die polisie begin skiet. Die mans het hulle voertuig op die toneel gelos en ʼn ander motor gekaap. Hulle het die insittendes se selfone gesteel voor hulle weggery het. Dié motor is ʼn paar kilometer van die toneel verlate gevind. Een van die beamptes is op die toneel dood terwyl die ander aan sy wonde beswyk het onderweg na die hospitaal. Volgens die polisie het 5 beamptes die afgelope 24 uur gesterf. Meer as 50 polisiebeamptes is reeds vanjaar vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.