Twee polisiebeamptes is Saterdagoggend in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê vier polisiebeamptes van die KwaDukuza-polisiestasie het vroeg Saterdagoggend van KwaMaphumulo teruggekeer toe hulle ʼn rooi voertuig langs die pad gesien het. “Die beamptes het besluit om ondersoek in te stel. Terwyl hulle nog in hulle motor was, het drie mans uit die bosse gekom en op hulle losgebrand.” Naicker sê die konstabel en studente-konstabel wat voor in die voertuig gesit het, is doodgeskiet. “Een van die verdagtes het in die polisievoertuig geklim en kon daarin slaag om een van die beamptes se vuurwapen af te neem. Die ander polisiebeampte het sy vuurwapen uitgehaal en op die verdagtes begin losbrand.” Naicker sê die verdagtes het in die bosse in gevlug. Die oorledenes se name kan nog nie bekend gemaak word nie aangesien die polisie steeds in die proses is om hulle naasbestaandes in kennis te stel.
Mooi so laat julle vir julle ook kry. Polisie kan nie net skiet en skotvry wegstap
Eben…klink soos ‘n ongeletterde besope IDIOOT..