Twee polisiebeamptes in ongeluk beseer

Foto: ER24

Twee polisiebeamptes is Woensdagmiddag in Kaapstad beseer nadat hulle, oppad na ‘n noodgeval, in twee stilstaande motors vasgejaag het.

Volgens ER24 was die beamptes byna in ‘n ongeluk betrokke met ‘n voertuig wat uit ‘n parkeerarea in Buitenkantstraat in Kaapstad gery het, en in ‘n poging om dié ongeluk te vermy, het hulle teen die twee motors, wat langs die pad parkeer gestaan het, vasgejaag.

Die beamptes is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem om verdere behandeling te ontvang vir die matige beserings wat hulle opgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.