Twee polisiebeamptes skiet glo hul vroue

Twee polisiebeamptes sal binnekort in die hof verskyn nadat hulle glo hul vroue geskiet het.

“Twee adjunt-offisiere, onderskeidelik 46 en 50 jaar oud, sal Maandag in die landdroshof in Seshego verskyn op aanklag van poging tot moord,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê.

‘n 50-jarige adjudant-offisier het op Kersdag sy vrou met sy dienspistool by hul huis in Mmotong in die gesig geskiet. “Die vrou het oorleef en word tans in die hospitaal behandel,” het Mulaudzi gesê.

Die 46-jarige adjudant-offisier het op Welwillendheidsdag sy vrou by hul huis in die maag en bors geskiet. Sy is in ‘n ernstige, maar stabiele toestand, na die hospitaal geneem.

Volgens Mulaudzi is die motief vir die twee voorvalle nog nie bekend nie, maar dit blyk dat huishoudelike geskille ‘n rol gespeel het. Lt.gen. Simon Mpembe, provinsiale polisiekommissaris, het sy skok oor die misdade uitgespreek. “Hierdie verdagtes is in hegtenis geneem en sal dieselfde strawwe behandeling ontvang as wat enige ander gewone misdadiger verdien ná sulke betreurenswaardige dade,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Miss Knysna ·

Policemen and women should not be allowed to take their firearms home.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.