Twee polisiebeamptes vas na hulle glo motoris verkrag

Twee polisiebeamptes het in die hof verskyn nadat hulle glo ʼn vrou in Fourways in Johannesburg verkrag het.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Tshishikhawe Ndou, sê die vrou is glo verlede Vrydag deur die twee beamptes van die pad af getrek. “Die beamptes het haar van die voorste sitplek na die agterste sitplek getrek waarna hulle haar glo om die beurt verkrag het”. Die vrou het Saterdag ʼn klag teen die beamptes aanhangig gemaak. Die beamptes, onderskeidelik 28 en 43 jaar oud, is in hegtenis geneem en het Donderdag in die hof verskyn. Hulle saak is uitgestel tot 12 Desember wanneer hulle na verwagting om borg sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.