Twee polisiemanne beseer, verdagte pleeg selfmoord

Twee polisiebeamptes is Dinsdag beseer en ‘n man het selfmoord gepleeg ná ‘n skietvoorval in Kemptonpark aan die Oos-Rand.

“Beamptes op patrollie wou ‘n minibustaxi met 10 insittendes aftrek,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê. “Toe hulle die taxibestuurder aangesê het om af te trek, het hy glo weggejaag. Hulle het die taxi uit die sig verloor, maar ‘n ander beampte het die taxi later in Sebenza, Edenvale, opgemerk.

Die polisieman het die taxi agternagesit en die mans in die taxi het op hom begin skiet. Toe die taxi uiteindelik in Parklandrylaan aangekeer is, het die insittendes uitgespring en weggehardloop. ‘n Skietery het in ‘n veld naby Modderfonteinweg uitgebreek. “Drie verdagtes is in hegtenis geneem, maar die vierde persoon het selfmoord gepleeg. Hy is op die toneel dood,” het Mogale gesê.

Twee beamptes is beseer. Die polisie het beslag gelê op drie vuurwapens, wat glo in ‘n gewapende roof in Brakpan gebruik is. Die polisie is tans op soek na die vyf mans wat gevlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.