Twee polisiemanne geskiet

Twee polisiebeamptes is Woensdagaand in Johannesburg se middestad geskiet.

Luitenant-kolonel Lungelo Dlamini sê die beamptes het ʼn woonstelblok in Joubertpark verlaat toe daar op hulle losgebrand is. “Albei beamptes is in die bolyf getref. ʼn Dertigjarige sersant is noodlottig gewond en het op die toneel gesterf. ʼn Sewe en dertigjarige reservis is gewond en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Dlamini gesê.

Volgens Dlamini was die sersant in uniform en die reservis in gewone klere geklee. Die rede vir die skietery is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.