Twee polisiemanne in Kaapstad vermoor

Twee polisiebeamptes is Sondag in twee afsonderlike voorvalle in Kaapstad doodgeskiet.

Kapt. Frederick van Wyk het Maandag gesê ʼn 36-jarige konstabel is doodgeskiet terwyl hy aan diens was. Die voorval het Sondagaand omstreeks 20:00 in Spineweg, Mitchells Plain, plaasgevind.“Hy is deur ʼn verdagte aangeval wat teen ʼn polisievoertuig by ʼn ongelukstoneel gebots het. Die verdagte het te voet van die toneel gevlug,” het Van Wyk gesê.

ʼn Uur later is ʼn 40-jarige sersant by sy huis in Khayelitsha doodgeskiet terwyl hy gereed gemaak het om te gaan werk. “Hy is onderweg na die hospitaal dood,” het hy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.