Twee renosters in Krugerwildtuin gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Die karkasse van twee witrenosters is Dinsdagoggend naby Pretoriuskop in die Krugerwildtuin ontdek deur toeriste wat op wildbesigtigingsvoertuig ‘n wildrit geneem het.

Die wildtuin sê in ʼn verklaring die renosterkarkasse het langs die Napi-pad gelê en albei se horings is verwyder. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. “Dit is inderdaad vir ons hartseer om steeds verslag te doen oor dooie renosters in die wildtuin en ons doen ʼn ernstige beroep op die gemeenskappe om ons by te staan met inligting oor die vermeende renosterstropers deur dit aan die owerheid te rapporteer,” het die kommunikasiehoof van die wildtuin, William Mabasa, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.