ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Leonard Hlathi, sê veldwagters op die plaas Mauricedale het Saterdagaand skote gehoor en kort hierna op die twee karkasse afgekom. Hlathi sê een van die renosters se klein horing is afgesaag. Hy sê die horing het nie eers een kilogram geweeg nie. Hy sê die ander renoster het die bosse ingevlug nadat hy geskiet is. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Hlathi het intussen ontken dat die polisie ʼn moontlike verband ondersoek tussen dié voorval en die ontsnapping van twee vermeende renosterstropers uit die polisieselle in Skukuza in die Krugerwildtuin.
Twee renosters in Mpumalanga doodgeskiet
Twee witrenosters is die naweek op ʼn plaas naby Hectorspruit in Mpumalanga doodgemaak.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.