Twee renosters in NW gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Twee renosters is op ʼn plaas naby Brits in Noordwes vir hul horings doodgemaak.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die renosters is drie of vier dae terug op die plaas Bullhoek doodgemaak en hul horings is verwyder. Niemand is al in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Ramaloko sê die renostertaakspan in die provinsie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.