Twee renosters reeds vanjaar gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Die karkasse van twee renosters is in die Madikwe-wildreservaat in Noordwes gevind.

Dumisa Seshabela, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê veldwagters het Maandagaand skote gehoor afgaan waarna ʼn renoster se karkas gevind is. Die renoster se horings is nie verwyder nie. Seshabela sê die stropers is vermoedelik gesteur. Die eerste renoster om in 2013 gestroop te word se karkas is Saterdagaand in die wildreservaat gevind. Beide die renosterbul se horings is verwyder. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorvalle nie.

Die departement van omgewingsake het op 19 Desember aangekondig dat 633 renosters in 2012 vir hul horings doodgemaak is. Die Krugerwildtuin het 395 renosters verloor in 2012. In 2011 is 448 renosters gestroop en in 2010 is 333 renosters vir hul horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.