Twee renosterstropers in Krugerwildtuin gevang

Twee mans is in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn renoster doodgemaak en onthoring het.

Kol. Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Sondag gesê die polisie het beslag gelê op ʼn jaggeweer en ʼn twee renosterhorings.

Volgens Otto is die twee verdagtes van Mosambiek. Hulle is in die park vasgetrek nadat hulle ʼn renosterkoei naby die Pafuri-kamp doodgemaak het.

Die verdagtes moet Maandag in die Makhado-landdroshof verskyn op aanklagte van renosterstropery en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Altesaam 273 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.