Twee mans is Maandagmiddag in Durban in hegtenis geneem op aanklagte van huisroof en poging tot moord.
Kapt. Thulani Zwane, ‘n polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê ‘n buurman het gesien hoe twee verdagtes by ‘n huis in Phoenix inbreek. “Die buurman het die polisie ontbied. Met die polisie se aankoms het die rowers probeer vlug. ‘n Oor-en-weer-skietery het ontstaan waartydens een van die rowers geskiet en gewond is,” het Zwane gesê.
Albei verdagtes is in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op ‘n vuurwapen en ammunisie. Die mans moet binnekort in die Phoenix-landdroshof verskyn.