Twee ‘rowers’ sterf, vier ontsnap ná polisie hulle inwag

Twee vermeende rowers is vroeg Donderdagoggend in ʼn skermutseling met die polisie doodgeksiet.

Lt.kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, sê die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het inligting ontvang dat ʼn rooftog by ʼn sakeman se huis in Ormonde gaan plaasvind.

“Die polisie het by die huis gewag en omstreeks 06:00 ses mans daar sien opdaag. Die mans het die huis betree, ʼn onbekende hoeveelheid geld gesteel, en gevlug,” het Mogale gesê.

“Die verdagtes is toe deur die nasionale ingrypingseenheid gekonfronteer en ʼn oor-en-weer-skietery het uitgebreek.”

Twee rowers is noodlottig gewond. Die ander vier het daarin geslaag om in ʼn wit voertuig, wat vermoedelik gekaap is, te ontsnap. Niemand anders is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.