Twee SA-groepe wil Obama in hegtenis neem

Amerikaanse president Barack Obama

Twee groepe in Suid-Afrika het Woensdag probeer om lasbriewe te bekom vir pres. Barack Obama van Amerika se inhegtenisneming.

Obama sal na verwagting Vrydag vir ‘n amptelike besoek in Suid-Afrika land.

Mohamed Hussain Vawda van die Vereniging vir die Beskerming van ons Grondwet het gesê hy het klagtes teen Obama gebring vir “oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom”. Die Moslem Prokureursvereniging (MLA) het glo ‘n dringende aansoek by die Pretoriase hooggeregshof ingedien vir Obama se inhegtenisneming, maar dié versoek is afgekeur.

“Daar is so baie mense wat teen Obama se besoek en sy gedrag is,” het Vawda gesê. Vawda het in ‘n verklaring, wat by Barberton-polisiestasie ingedien is, gesê Obama is direk en indirek verantwoordelik vir die moord op meer as 3 000 mense, insluitend vroue en 175 kinders in lande soos Pakistan en Sirië “wat geen bedreiging vir Amerika inhou nie”.

Hy sê sy prokureur sal Woensdag met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vergader om die saak verder te bespreek.

Bulelwa Makeke, woordvoerder van die NVG het egter gesê sy is nie bewus van Vawda se verklaring of saak nie. “Hy het nie met enigiemand van die NVG vergader nie. Ons is nie bewus van die saak nie,” het Makeke gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hans Onrust ·

het is niet voorstelbaar dat de Yank zich laat intimideren door de ANC in enige vorm, ook niet via Obama.

wat wel is waar te nemen is de stuntelige buitenlandse ANC politiek gekoppeld aan de falende binnenlandse politiek die wat ordehandhaving dramatische gevolgen laat zien.

Hans Onrust ·

het is niet voorstelbaar dat de Yank zich laat intimideren door de ANC in enige vorm, ook niet via Obama.

wat wel is waar te nemen is de stuntelige buitenlandse ANC politiek gekoppeld aan de falende binnenlandse politiek die wat ordehandhaving BETREFT dramatische gevolgen laat zien.

Excuus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.