Twee SA-stede onder top 100 vir lewensgehalte

Twee Suid-Afrikaanse stede het Mercer se jongste lys van top 100 lande gehaal vir lewensgehalte.

Kaapstad het die 89ste posisie gehaal, en Johannesburg die 94ste. Port Louis in Mauritius is die Afrikastad wat die beste gevaar het en is in die 82ste plek.

Die Oostenrykse hoofstad, Wenen, het die hoogste lewensgehalte, met Sydney wat in die tiende plek die hoogste posisie onder die stede buite Europa haal. Wat infrastruktuur betref, word Singapoer as wêreld se voorste stad beskou. Frankfurt is in die tweede plek, terwyl Atlanta in die VSA in die 13de plek die voorste Amerikaanse stad is. Geen Afrikaland tel onder die top 50 op die lys nie. Kaapstad in die 97ste plek, Port Louis (91) en Kaïro (95) is die enigste Afrikastede onder die top 100.

Stede in Afrika domineer die onderpunt van die lys van 221 stede wie se lewensgehalte gemeet is. Khartoem is in die 217de plek, N’Djameina is in die 218ste plek en Bangui van Sentraal-Afrika in die 220ste plek. Slegs Bagdad vaar swakker.

Afrikastede domineer ook die onderpunt van die lys van stede se infrastruktuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul Joubert ·

Rienie, het jy opgelet daarna dat die lys uit slegs 221 stede bestaan? Indien dit redelik wyd oor die wêreld verspreid is, sou ek sê dat Kaapstad se plek naastenby in die middel van die lys heeltemal te verwagte is, of hoe dink jy?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.