Twee sendelinge vermis

Barnard (links) en Van Coller

Barnard (links) en Van Coller

Die polisie soek na twee sendelinge wat op pad na ʼn uitreikaksie in Namibië vermis geraak het.

Daar is op 31 Januarie laas van Jacques Barnard (45) en Gordon van Coller (50) gehoor. Die twee sou glo in ʼn grot by Doringbaai aan die Weskus oornag het voor hulle die volgende dag die grens na Namibië sou oorsteek. Hulle het met ‘n wit Nissan NP200-bakkie met die registrasienommer CBS47570 gery.

Enigiemand met inligting word versoek om Missing Children SA op 072 647 7464 of die polisie in Groot-Brakrivier by 044 620 2495 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.