Twee 12-jarige seuns is Sondagmiddag in die hospitaal opgeneem nadat hulle beserings opgedoen het toe hulle met ʼn klapper geëksperimenteer het op Margate-strand.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die twee seuns het glo die klapper in ʼn glasbottel gesit het om te sien wat gebeur indien dit ontplof. “Hulle het naby aan die bottel gestaan om te sien wat gebeur toe hulle deur die stukke glas in onderskeidelik die bors en skouer getref is.” Paramedici het die twee seuns op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.