Twee seuns sterf na hulle in pad slaap

Twee tienerseuns is Donderdagoggend dood nadat ‘n motor oor hulle gery het op die Vereeniging-pad naby Potchefstroom in Noordwes.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Lesego Metsi, sê die twee seuns is glo deur die motor getref terwyl hulle op dié pad sowat 20km buite Potchefstroom gelê en slaap het. Hy sê die twee seuns, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, het saam met twee vriende in die pad geslaap in die hoop dat iemand hulle ʼn saamrygeleentheid sal aanbied. Metsi sê die vier seuns het geryloop van Potchefstroom na Boipatong. ‘n Volkswagen Jetta het glo omstreeks 3:00 Donderdagoggend oor die twee seuns gery. Hulle is op die toneel dood. Die ander twee seuns is nie beseer nie. Die bestuurder van die Jetta het glo gestop om sy nommerplaat op te tel voor hy van die toneel gevlug het. Die oorledenes se name is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.