Twee seuns vas vir skoolmeisies se dood

tronk 2Twee tienerseuns is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die dood van twee skoolmeisies van Johannesburg in ʼn vermeende sataniese ritueel.

Brig. Neville Malila, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die twee 16-jarige seuns by ʼn skool in hegtenis geneem is. Die seuns moet na verwagting Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn.

Maroela Media het Woensdag berig die meisies, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, se liggame is in ʼn veld in Dobsonville in Soweto aangetref. Die leerlinge van die George Khosa Sekondêre Skool het nog hul skoolklere aangehad. Hulle het snywonde aan hul hande en nekke gehad en daar was skeermeslemmetjies en drie swart gebrande kerse langs hul liggame.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die meisies tydens ʼn sataniese ritueel vermoor is en die polisie se okkulte-eenheid is betrokke by die ondersoek.

Lees ook:
Skoolmeisies glo tydens sataniese ritueel vermoor
Twee skoolmeisies dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.