Twee seuns verdrink in rivier

Twee seuns het oor die naweek in ʼn rivier in die Oos-Kaap verdrink.

Maj. Zamukulungisa Jozana, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die seuns, onderskeidelik ses en sewe jaar oud, het Saterdag in ʼn die Zibhodlarivier in Mqanduli gaan swem.

“Die seuns het na ʼn diep gedeelte van die rivier geswem en kon nie bo die water bly nie,” het Jozana gesê. “Hulle vriend het op die oewer gestaan en gesien hulle is in die moeilikheid, waarna hy hulp ontbied het.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.