Twee seuns wees gelaat ná grusame aanval

Twee seuns, onderskeidelik sewe en 13 jaar oud, is wees gelaat nadat hul ouers in Pabalello in die Noord-Kaap vermoor is.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord,” het lt. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, gesê. “Die polisie is Maandag na ʼn toneel ontbied waar die liggaam van ʼn 50-jarige man en die liggaam van ʼn 42-jarige vrou aangetref is.” Die man is met ʼn draad opgehang en die vrou het twee steekwonde aan haar lyf gehad. “Die bed langs die twee liggame was vol bloed,” het Mdhluli bygevoeg.

Die ma van die twee seuns is glo ook verwurg. Sy is in ʼn donskombers toegedraai.

“Die polisie sal met ʼn forensiese ondersoek bepaal wat gebeur het.”

Die egpaar se name is, weens die sensitiwiteit van die ondersoek, nog nie bekend gemaak nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Die seuns is in ʼn plek van veilige bewaring geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.