Twee sit lank vir pastorie-moorde

Martin Brits en Elliot Mhlambi Foto: Lani Fouché, Central Media Group

Martin Brits en Elliot Mhlambi Foto: Lani Fouché, Central Media Group

Martin Brits (28) en Elliot Mhlambi (41) wat Maandag altwee skuldig bevind is aan die moord op ds. Willem Brits (60) van Harrismith en sy aanstaande skoonseun, Gerhard Vermeulen (25), is Donderdag in die rondgaande hof in Harrismith gevonnis.

Albei skuldiges is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Regter Soma Naidoo het in die vonnisoplegging gesê niks kon gevind word om as strafversagting te dien nie. Hulle is tot ʼn verdere 10 jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord op Martin se ma, Dorothea (59), asook 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Mhlambi het ʼn verdere sewe jaar tronkstraf gekry vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

Martin se motief was om die familie te vermoor om erfgeld te bekom. Hy sou van sy erfgeld met Mhlambi deel.

Lees ook:
Vergifnis vir aangenome seun wat moor
Pastorie-moorde: Seun pleit skuldig
Erfporsie glo motief vir pastorie-moorde
Pastorie-moorde: Saak weer uitgestel
Pastorie-dogter vrygespreek
Pastorie-moord: Twee verdagtes verskyn in hof
Pastorie-moord: Twee verdagtes weer in hof
Pastorie-moorde: Ma wil seun in tronk besoek
Pastorie-moorde: Dogter weer in hof
Pastorie-moorde: Dogter vas oor diefstal
Harrismith-moorde: Vrou ontslaan
Pastorie-moorde: Vrou sterk aan
Pastorie-moorde: Dorothea dalk teen Vrydag wakker
Pastorie-moorde: Seun toon glo berou
Twee beskuldigdes verskyn in hof
Pastorie-moorde: Martin vra om vergifnis
Pastorie-moorde: Ds Brits vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Broers en suster kwaad
Pastorie-moorde: Seun beken skuld
Pastorie-moorde: Vermeulen vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Seun, verdagte ken mekaar glo
Pastorie-moorde: Seun gaan glo skuld erken
Pastorie-moorde: Seun was glo al vantevore in die tronk
Pastorie-moorde: Seun in hegtenis geneem
Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval
Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Hulle kry die straf wat hulle verdien het. Dis soms net jammer die doodstraf is weggevat, want regtig,- om jou aangenome ouers te vermoor en te probeer vermoor en dan iemand kry om jou te help om dit te doen,is laag en geneem.

Peter Se ·

Is daar werklik n genoegsame straf vir die tipe wreedaards, al is hulle opgesluit, hulle LEEF nog, en die belastingbetaler moet hulle onderhou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.