Twee mans is vandeesweek swaar gestraf nadat hulle Eugene van der Merwe, ʼn boer in Ixopo, KwaZulu-Natal, vermoor en sy seun aangeval het.
“Thulani Chemane (36) en Busani Shoba (27) is Woensdag in die Ramsgate-hooggeregshof gevonnis nadat hul skuldig bevind aan moord, poging tot moord en roof,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, Vrydag gesê.
“Hulle is elk tot 22 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord,” het Zwane gesê. “Hulle het ʼn bykomende 10 jaar vir poging tot moord gekry, asook 13 jaar vir roof. Hulle is ook elk tot een jaar tronkstraf gevonnis vir die besit van ammunisie.”
Die twee het skuldig gepleit.
Van der Merwe en sy seun, Siyanda Ndlovu (13) is op 9 Oktober op hul plaas Sunnyside aangeval.
Van der Merwe is op die toneel dood en sy kritiek beseerde seun is na ‘n hospitaal gehaas waar hy behandel is.
2 mensvreters minder !
22 Jaar is te kort, hulle moes liefs gehang het.
Die regter moet hierdie moordenaars,so straf dat hulle geen afslag kry nie,Hulle moet in die tronk bly tot al daardie jare uit gedien is.Hulle kry te lekker,om parool te kry.En dan gaan moor hulle maar weer.
Ek stem saam. Maar die dag as Malema aan bewind kom gaan hy hulle ontslaan en as stryders vereer. Hou maar dop.
Net jammer die doodstraf is weggevat. Want hulle gaan nou lekker op ons belastinggeld lewe, terwyl daar kinders gaan wees wat gaan doodgaan van die honger en wat steeds in plakkerskampe gaan bly woon. En o ja, dalk gaan hulle selfs verder studeer … OOK op ons belastinggeld.