Twee skuldig aan Parys-plaasmoorde

Twee mans is Woensdag skuldig bevind op die moord van Ernest en Annetjie van Rooyen, het Volksblad Donderdag berig.

Die rondgaande hof in Parys in die Vrystaat het Oupa Mokoena (47), en Ezekiele Mguni (30) skuldig bevind aan die moord op die egpaar, onderskeidelik 77 en 76 jaar oud, in die snoepwinkel van hul plaas Somerset vroeër vanjaar.

Mokoena se vrou, Mmaditaba, is op die moord-aanklag teen haar vrygespreek.

Volgens die berig is Ernest dood aan skok weens bloedverlies nadat hy met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

Annetjie het versmoor, nadat sy vasgebind en in ʼn vrieskas in geboender is, terwyl sy nog gelewe het.

– SAPA

Lees ook:
Plaasmoord: Slagoffer het in vrieskas versmoor
Derde verdagte in hof vir Parys-plaasmoord
Derde verdagte vas vir Parys-moord
Van Rooyens se beweerde moordenaars borg geweier
Twee in hof oor Parys-vrieskasmoord
Parys-moord: Valke vang twee verdagtes
Nóg ʼn vrieskas-moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trippie ·

BESLIS NIE 2 “MANS” NIE – 2 MOORDENAARS !

My wens vir hulle – vrek soos julle die twee bejaardes hul van hul lewens ontneem het.

Aan die familie en naasbestaandes – my hart huil saam met julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.