Die Wes-Kaapse polisie is op soek na twee mans wat Maandagmiddag glo ʼn 36-jarige vrou by haar huis in George beroof en verkrag het.
Kapt. Malcolm Pojie, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die vrou was omstreeks 14:30 in haar huis se agtererf besig om wasgoed op te hang, toe die twee mans toegang tot haar huis bekom het. “Sy het die twee mans in die huis aangetref,” het Pojie gesê. “Die mans het haar gedreig en op kontant aangedring. Een van die mans het die huis vir waardevolle items geplunder, terwyl die ander man haar verkrag het.”
Die mans het R2 000 gesteel voor hulle van die toneel gevlug het. Daar word vermoed hulle het deur ‘n oop deur toegang tot die huis bekom.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie versoek enigiemand met meer inligting om hulle by 044 803 4638 of 086 846 3633 te skakel.
As jy dan moet steel waarom die mense verkrag of vermoor? Moet in die gene wees. Net dankbaar sy leef. Nuwe SA se nasionale sport. Verkragting en Moord
Hulle bly maar ‘n barbaarse spesie.