Twee steeds vermis na tragiese visvanguitstappie

Familie en vriende van die vermiste mans. Photo: Janine Oelofse/Garden Route Media

Inwoners van Plettenbergbaai en die polisie het hul soektog na twee vermiste mans opgeskerp nadat hulle op Vrouedag tydens ʼn visvanguitstappie vermis geraak het.

Vier lede van die Wildeman-gesin en twee van hul vriende was op ʼn klein vissersboot op die Keurboomsrivier toe dit glo omgeslaan het nadat dit ʼn sandbank getref het. Die boot het waarskynlik by die riviermond in die see ingespoel. Die gesin en vriende was almal inwoners van New Horizons in Plettenbergbaai.

Die liggame van Letitia Wildeman (43) en haar seun Luan (8), is kort na die ongeluk gevind. Llewellyn Wildeman (43) se lyk het verlede naweek aan die kus van Port Elizabeth uitgespoel en nog ʼn liggaam van een van die mans is verlede Dinsdag gevind. Die vissersboot en nog twee mans word steeds vermis. Die polisie en gemeenskapslede patrolleer die area te voet en intussen is ʼn lugsoektog ook van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae